Steenkool

Steenkool (antrasiet)

Steenkool[1] is 'n harde, vaste, swart sedimentêre gesteente, wat as gevolg van karbonisasie (verkoling) uit die plantreste van prehistoriese oerwoude gevorm is. Koolstof beslaan meer as 50 persent van sy gewig en meer as 70 persent van sy volume. Steenkool speel 'n belangrike rol as fossielbrandstof en word saam met koolstof vir die staalvervaardiging gebruik. Vanweë sy ekonomiese belangrikheid word steenkool soms ook "swart goud" genoem.

  1. coal. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search